Taalherlewing

Taalherlewing, taalopflikkering, taalheropbloei, taalherrysing of taalverskuiwingomkering is die poging wat deur verskeie belangegroepe, soos indiwidue, kulture, gemeenskappe, regerings of staatkundige owerhede, aangewend word om die agteruitgang van ’n taal om te keer. Sou die agteruitgang baie ver gevorderd wees, kan die betrokke taal as hetsy bedreigd, sterwend of uitgesterf beskou word. In hierdie gevalle het taalherlewing ten doel om die gesproke gebruik van die taal weer op die been te bring. Hoewel die doelwitte van taalherlewing van gemeenskap en omstandighede kan wissel, het die meerderheid gemeenskappe ten doel om ’n taal wat uitgesterf het, of bedreig is, weer tot alledaagse gebruik te bevorder. Taalherlewing volg net mooi die teenoorgestelde proses as dié van taalafsterwing.[1]

  1. "Linguicide", Zuckermann, Ghil'ad (2020). Revivalistics: From the Genesis of Israeli to Language Reclamation in Australia and Beyond. New York: Oxford University Press. ISBN 9780199812790.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search